Iemand skiet vir adjudant-offisier Milo April by die Kaapse Waterfront. Koelbloedig, helder oordag, ’n teregstelling. Is ’n senior SAPD-offisier daarvoor verantwoordelik? En hou dit verband met geheimsinnige briewe wat die geskorste Valke-speurders Bennie Griessel en Vaughn Cupido ontvang het?
Iemand skiet vir adjudant-offisier Milo April by die Kaapse Waterfront. Koelbloedig, helder oordag, ’n teregstelling. Is ’n senior SAPD-offisier daarvoor verantwoordelik? En hou dit verband met geheimsinnige briewe wat die geskorste Valke-speurders Bennie Griessel en Vaughn Cupido ontvang het? Met ondertone van nóg staatskaping-onheil? As hulle dit kan ontrafel, is hul loopbane gered, hul status herstel. Maar hoe ondersoek jy ’n saak in die geheim, met jou hele toekoms op die spel as jy uitgevang word? Terwyl jy boonop jou tyd moet mors met ’n studentjie op Stellenbosch wat skynbaar ná ’n naweek se gefuif tussen neus en ore verdwyn het? En die aapstreke tussen Jasper Boonstra, die superryk, alomberugte korporatiewe swendelaar, en die sensuele, desperate eiendomsagent Sandra Steenberg . . . Jy doen maar wat jy altyd doen as jy Griessel en Cupido is. Bekhou, kophou, aanhou. Terwyl jou base raas en die media onmenslike druk op jou plaas. En jy stadigaan besef dit is die donkerste drif wat agter alles sit. Gierigheid.
Get Donkerdrif by Deon Meyer at the best price and quality guaranteed only at Werezi Africa's largest book ecommerce store. The book was published by Human & Rousseau (Pty) Ltd and it has 448 pages.
Our digital collection is currently being curated to ensure the best possible reading experience on Werezi. We'll be launching our Ebooks platform shortly.
Your privacy, your choice
Make Werezi work for you
We use essential cookies for your cart and sign-in. With your permission, optional cookies help us understand how Werezi is used and improve your book recommendations.
Essential cookies are always active. Optional analytics stay off unless you choose Allow all.